DIE WONDER VAN GELOOF
“My spreke en my prediking was nie met verlokkende woorde nie.”
1 Korintiërs 2:1-5
Paulus was ’n geleerde en ’n redenaar van die eerste rang; hy praat nie uit kruiperige nederigheid nie; maar sê dat hy die krag van God sou versluier as hy, wanneer hy die Evangelie verkondig, mense beïndruk met sy "uitnemendheid van spreke." Geloof in Jesus is ’n wonder wat alleen deur die doeltreffendheid van die Verlossing voortgebring word, nie deur indrukwekkendheid van spreke nie, nie deur die hof te maak en te wen nie, maar deur die louter ongeholpe krag van God. Die skeppende krag van die Verlossing kom deur die prediking van die Evangelie, maar nooit vanweë die persoonlikheid van die prediker nie. Die ware vas van die prediker is nie van voedsel nie, maar eerder van welsprekendheid, van indrukwekkendheid en verfynde woordkeuse, van alles wat kan verhinder dat die Evangelie van God aangebied word. Die prediker is daar as die verteenwoordiger van God — "asof God deur ons by julle aandring." Hy is daar om die Evangelie van God aan te bied. As dit slegs vanweë my prediking is dat mense begeer om beter te wees, sal hulle nooit enigsins naby Jesus Christus kom nie. Enigiets wat my in my prediking van die Evangelie vlei sal daarop uitloop dat dit my ’n verraaier van Jesus maak; ek verhinder die skeppende krag van Sy Verlossing om sy werk te doen.
"Ek, as Ek verhoog word . . . , sal almal na My toe trek."