Daaglikse oordenking

DIE GEESTELIKE GEMEENSKAP

Totdat ons almal kom . . tot die maat van die grootte van die volheid van Christus.

Efesiërs 4:13

Rehabilitasie beteken die terugplasing van die hele menslike geslag in die verhouding waarvoor God dit bestem het, en dit is wat Jesus Christus in die Verlossing gedoen het. Die Kerk hou op om ’n geestelike gemeenskap te wees wanneer sy uitkyk na die ontwikkeling van haar eie organisasie. Die rehabilitasie van die menslike geslag volgens Jesus Christus se plan beteken die verwesenliking van Jesus Christus in die gemeenskaplike lewe sowel as in die individuele lewe. Jesus Christus het apostels en leraars vir hierdie doel gestuur — dat die gemeenskaplike Persoonlikheid verwesenlik kan word. Ons is nie hier om ’n eie geestelike lewe te ontwikkel, of om geestelike afsondering te geniet nie; ons is hier om Jesus Christus só te verwesenlik dat die Liggaam van Christus opgebou kan word.

Bou ek die Liggaam van Christus op, of soek ek slegs my eie persoonlike ontwikkeling? Die wesenlike ding is my persoonlike verhouding tot Jesus Christus — "Dat ek Hom kan ken." Om God se ontwerp te vervul beteken algehele teuellose oorgawe aan Hom. Wanneer ek ook al dinge vir myself wil hê, word die verhouding verwring. Dit sal ’n groot vernedering wees om te besef dat ek nie besorg was oor die verwesenliking van Jesus Christus nie, maar slegs oor die verwesenliking van wat Hy vir my gedoen het.

"My doel is God Self, nie vreugde of vrede nie, selfs nie seën nie, maar Hyself, my God." Meet ek my lewe aan hierdie maatstaf of aan enigiets minder?

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in