Daaglikse oordenking

DIE GEESTELIKE HEILIGE

“Dat ek Hom kan ken.”

Filippense 3:10

Die inisiatief van die heilige is nie op self-realisasie gerig nie, maar op die kennis van Jesus Christus. Die geestelike heilige glo nooit dat omstandighede lukraak is nie, en dink ook nie aan sy lewe as wêreldlik en gewyd nie; hy sien alles waarin hy neergekwak word as die middel waardeur hy die kennis van Jesus Christus verkry. Daar is ’n roekelose teuellose oorgawe aan hom. Die Heilige Gees is vasbeslote dat ons Jesus Christus op elke terrein van die lewe sal realiseer, en Hy sal ons telkens na dieselfde punt terugbring totdat ons dit doen. Self-realisasie lei tot die troonsbestyging van werk; die heilige daarenteen laat Jesus Christus in sy werk die troon bestyg. Of dit nou eet of drink of die was van dissipels se voete is, wat dit ook al is, ons moet daarin die inisiatief neem om Jesus Christus te realiseer. Elke fase van ons daadwerklike lewe het sy ewebeeld in die lewe van Jesus. Ons Here het selfs in die geringste werk Sy verhouding tot die Vader gerealiseer. "Jesus wat geweet het... dat Hy van God gekom het, en na God gegaan het... het ’n handdoek geneem... en die voete van die dissipels begin was."

Die mikpunt van die geestelike heilige is "dat ek Hom kan ken." Ken ek Hom waar ek vandag is? Indien nie, faal ek Hom. Ek is hier nie om myself te realiseer nie, maar om Jesus te ken. In Christelike werk is die inisiatief te dikwels die besef dat iets gedoen moet word en dat ek dit moet doen. Die geestelike heilige se houding is nooit dit nie, sy mikpunt is om in elke stel omstandighede waarin hy hom bevind die realisasie van Jesus Christus te verkry.

← Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in