Daaglikse oordenking

OM USELF MET DIE FEIT VAN SONDE TE VERSOEN

Dit is julle uur, en die mag van die duisternis.

Lukas 22:53

Dit is om nie met die feit van sonde versoen te wees nie wat al die rampe in die lewe voortbring. U kan oor die edelheid van die menslike natuur praat, maar daar is iets in die menslike natuur wat elke ideaal wat u het in die gesig sal uitlag. As u weier om met die feit ooreen te stem dat daar ondeug en selfsoeke, iets ronduit kwaadwilligs en verkeerds in mense is, in plaas daarvan om uself daarmee te versoen sal u, wanneer dit u lewe tref, 'n kompromie daarmee aangaan en sê dat dit nutteloos is om daarteen te stry. Het u voorsiening gemaak vir hierdie uur en die mag van die duisternis, of neem u 'n erkenning van uself aan wat sonde uitlaat? Versoen u uself in u liggaamlike verhoudings en vriendskappe met die feit van sonde? Indien nie, sal u om die volgende hoek gevang word en 'n kompromie daarmee aangaan. As u uself met die feit van sonde versoen, sal u die gevaar dadelik besef — Ja, ek sien wat dit sou beteken. Die erkenning van sonde vernietig nie die grondslag van vriendskap nie; dit vestig 'n wedersydse agting vir die feit dat die grondslag van die lewe tragies is. Waak altyd teen 'n beoordeling van die lewe wat nie erken dat daar sonde is nie.

Jesus Christus het nooit die menslike natuur vertrou nie, tog was Hy nooit sinies, nooit agterdogtig nie, omdat Hy volkome vertrou het op wat Hy vir die menslike natuur kon doen. Die reine man of vrou, nie die onskuldige nie, is die beveiligde man of vrou. U is nooit veilig by 'n onskuldige man of vrou nie. Mans en vroue het geen reg om onskuldig te wees nie; God eis dat hulle rein en deugsaam moet wees. Onskuld is die kenmerk van 'n kind; dit is 'n laakbare ding vir 'n man of vrou om nie met die feit van sonde versoen te wees nie.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in