Daaglikse oordenking

VERTROUDHEID MET DROEFHEID

n Man van smarte en vertroud met droefheid.

Jesaja 53:3

Ons is nie met droefheid vertroud op die wyse waarop Ons Here daarmee vertroud was nie; ons verduur dit, ons kom daardeur, maar ons raak nie intiem daarmee nie. Aan die begin van die lewe versoen ons ons nie met die feit van sonde nie. Ons neem 'n rasionele beskouing van die lewe in en sê dat 'n mens deur sy instinkte te beheers, en homself op te voed, 'n lewe kan voortbring wat stadig tot die lewe van God sal ontwikkel. Maar namate ons voortgaan, ontdek ons die teenwoordigheid van iets wat ons nie in berekening gebring het nie, nl., sonde, en dit versteur al ons berekeninge. Sonde het die grondslag van dinge wild en nie rasioneel nie gemaak. Ons moet erken dat sonde 'n feit is, nie 'n gebrek nie; sonde is rooihandse muitery teen God. Óf God óf sonde moet in my lewe sterf. Die Nuwe Testament bring ons reguit af na hierdie een kwessie. As sonde in my heers, sal God se lewe in my gedood word; as God in my heers, sal sonde in my gedood word. Daar is geen ander moontlike uiteinde nie. Die hoogtepunt van sonde is dat dit Jesus Christus gekruisig het, en wat in die geskiedenis van God op aarde waar was sal in u geskiedenis en in myne waar wees. In ons verstandelike uitkyk moet ons ons versoen met die feit van sonde as die enigste verklaring waarom Jesus Christus gekom het, en as die verklaring van die droefheid en smart in die lewe.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in