DIE BEDIENING VAN DIE INNERLIKE
“Maar julle is . . . 'n koninklike priesterdom.”
1 Petrus 2:9
Volgens watter reg word ons "'n koninklike priesterdom"? Volgens die reg van die Versoening. Is ons bereid om onsself vasberade alleen te laat en ons in die priesterlike werk van gebed uit te waag? Die voortdurende gegrawe aan die binnekant om te sien of ons is wat ons behoort te wees bring 'n selfgesentreerde, morbiede soort Christelikheid voort, nie die robuuste, eenvoudige lewe van die kind van God nie. Totdat ons in 'n regte verhouding tot God kom, is dit 'n geval daarvan om met die vel van ons tande vas te hou, en ons sê — Wat 'n wonderlike oorwinning het ek verkry. Daar is niks daarin wat op die wonder van Verlossing dui nie. Waag u uit in roekelose geloof dat die Verlossing volledig is, en kwel u dan nie meer oor uself nie, maar begin doen soos Jesus Christus gesê het — bid vir die vriend wat om middernag na u kom, bid vir die heiliges, bid vir alle mense. Bid op die besef dat u slegs in Christus Jesus volmaak is, nie op hierdie pleidooi nie — "O Here, ek het my beste gedoen, hoor my asseblief."
Hoe lank gaan dit God neem om ons van die morbiede gewoonte om oor onsself te dink te bevry? Ons moet tot die dood toe siek word van onsself, totdat daar geen verrassing meer is oor enigiets wat God vir ons omtrent onsself kan sê nie. Ons kan nie aan die dieptes van laagheid in onsself raak nie. Daar is slegs een plek waar ons reg is, en dit is in Christus Jesus. Wanneer ons daar is, moet ons met alles wat ons werd is in hierdie bediening van die innerlike uitstort.