HET U AL BY "WANNEER" GEKOM?
“En die Here het die gevangenskap van Job omgekeer toe hy vir sy vriende gebid het.”
Job 42:10
Die klaende, selfgesentreerde, morbiede soort gebed, 'n vaste ingesteldheid dat ek reg wil wees, word nooit in die Nuwe Testament aangetref nie. Die feit dat ek probeer om reg met God te wees is 'n teken dat ek teen die Versoening in opstand is. "Here, ek sal my hart reinig as U my gebed wil beantwoord; ek sal reg wandel as U my wil help." Ek kan nie myself reg met God maak nie, ek kan nie my lewe volmaak maak nie; ek kan slegs reg met God wees as ek die Versoening van die Here Jesus Christus as 'n volstrekte gawe aanvaar. Is ek nederig genoeg om dit te aanvaar? Ek moet van elke soort aanspraak afstand doen en met elke inspanning ophou, en my geheel alleen in Sy hande laat, en dan in die priesterlike werk van voorbidding begin uitstort. Daar is baie gebed wat uit werklike ongeloof in die Versoening ontstaan. Jesus begin ons nie red nie, Hy het ons gered, die ding is gedoen, en dit is 'n belediging om Hom te vra om dit te doen.
As u nie die honderdvoudig meer kry nie, nie insig in God se Woord kry nie, begin dan vir u vriende bid, gaan die bediening van die innerlike binne. "Die Here het die gevangenskap van Job omgekeer toe hy vir sy vriende gebid het." Die werklike saak van u lewe as 'n geredde siel is voorbiddingsgebed. Waar God u ook al in omstandighede plaas, bid onmiddellik, bid dat Sy Versoening in ander lewens verwesenlik kan word soos dit in u s'n verwesenlik is. Bid nou vir u vriende; bid vir dié met wie u in aanraking kom nou.