MOENIE NOU DINK NIE, VAT DIE PAD
“En Petrus . . . het op die water geloop om na Jesus te gaan. Maar toe hy die onstuimige wind sien, was hy bang.”
Matteus 14:29-30
Die wind was daadwerklik onstuimig, die golwe was daadwerklik hoog, maar Petrus het hulle aanvanklik nie gesien nie. Hy het nie met hulle rekening gehou nie, hy het bloot sy Here herken en in die herkenning van Hom uitgestap, en op die water geloop. Toe het hy met die daadwerklike dinge begin rekening hou, en onmiddellik het hy afgesak. Waarom kon ons Here hom nie in staat gestel het om sowel op die bodem van die golwe as bo-op hulle te loop nie? Geeneen kon gedoen word behalwe deur die herkenning van die Here Jesus nie.
Ons tree oor sommige dinge reguit uit op God, dan kom selfoorweging binne en ons sak af. As u u Here herken, het u geen saak met waar Hy u omstandighede konstrueer nie. Die daadwerklike dinge is daar, maar sodra u na hulle kyk word u oorweldig, u kan Jesus nie herken nie, en die teregwysing kom: "Waarom het u getwyfel?" Laat daadwerklike omstandighede wees wat hulle wil, hou aan om Jesus te herken, handhaaf volkome vertroue op Hom.
As u vir 'n sekonde debatteer wanneer God gespreek het, is alles verby. Moet nooit begin sê nie — "Wel, ek wonder of Hy wel gespreek het?" Wees onmiddellik roekeloos, werp dit alles uit op Hom. U weet nie wanneer Sy stem sal kom nie, maar wanneer die gewaarwording van God ook al op die flouste denkbare wyse kom, gee u roekeloos teuelloos oor. Dit is slegs deur teuellose oorgawe dat u Hom herken. U sal Sy stem slegs deur roekeloosheid duideliker gewaarword.