Daaglikse oordenking

DIE ONKRITIESE GEMOED

Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

Matteus 7:1

Jesus sê oor oordeel — Moenie. Die gemiddelde Christen is die mees indringend kritiese individu. Kritiek is 'n deel van die gewone vermoë van die mens; maar op die geestelike gebied word niks deur kritiek bereik nie. Die uitwerking van kritiek is 'n verdeling van die kragte van die een wat gekritiseer word; die Heilige Gees is die enigste Een in die ware posisie om te kritiseer, Hy alleen is in staat om te wys wat verkeerd is sonder om seer te maak en te verwond. Dit is onmoontlik om in gemeenskap met God in te gaan wanneer u in 'n kritiese gemoed is; dit maak u hard en wraaksugtig en wreed, en laat u met die vleiende salwing dat u 'n meerderwaardige mens is. Jesus sê, kweek as dissipel die onkritiese gemoed. Dit word nie eens en vir altyd gedoen nie. Waak teen enigiets wat u in die plek van die meerderwaardige mens plaas.

Daar is geen ontkoming aan die indringendheid van Jesus nie. As ek die splinter in u oog sien, beteken dit dat ek 'n balk in my eie het. Elke verkeerde ding wat ek in u sien, lokaliseer God in my. Elke keer wanneer ek oordeel, veroordeel ek myself (sien Romeine 2:17-20). Hou op om 'n meetstok vir ander mense te hê. Daar is altyd nog een feit in elke mens se geval waarvan ons niks weet nie. Die eerste ding wat God doen is om ons 'n geestelike lenteskoonmaak te gee; daarna bly daar geen moontlikheid van trots in 'n mens oor nie. Ek het nog nooit die mens ontmoet oor wie ek kon wanhoop nadat ek onderskei het wat los van die genade van God in my lê nie.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in