Daaglikse oordenking

OM DAAR TE KOM

Meester, waar woon U? . . Kom kyk." "Kom saam met My.

Johannes 1:39

"Hulle het daardie dag by Hom gebly." Dit is omtrent al wat sommige van ons ooit doen, dan word ons tot daadwerklikhede wakker, eiebelang ontstaan en die bly is verby. Daar is geen lewenstoestand waarin ons nie in Jesus kan bly nie.

"U is Simon, u sal Sefas genoem word." God skryf die nuwe naam slegs op daardie plekke in ons lewens waar Hy die trots en selfgenoegsaamheid en eiebelang uitgewis het. Sommige van ons het die nuwe naam slegs in kolle, soos geestelike masels. In afdelings lyk ons heeltemal reg. Wanneer ons ons beste geestelike stemming aan het, sou u dink dat ons baie hoogstaande heiliges is; maar moenie na ons kyk wanneer ons nie in daardie stemming is nie. Die dissipel is iemand oor wie heen die nuwe naam geskryf is; eiebelang en trots en selfgenoegsaamheid is volkome uitgewis.

Trots is die vergoddeliking van die self, en dit is vandag in sommige van ons nie van die orde van die Fariseër nie, maar van die tollenaar. Om te sê "O, ek is geen heilige nie," is vir menslike trots aanvaarbaar, maar dit is onbewuste godslastering teen God. Dit beteken letterlik dat u God uitdaag om u 'n heilige te maak, "Ek is veels te swak en hopeloos, ek is buite die bereik van die Versoening." Nederigheid voor mense kan onbewuste godslastering voor God wees. Waarom is u nie 'n heilige nie? Dit is óf dat u nie 'n heilige wil wees nie, óf dat u nie glo dat God u een kan maak nie. Dit sou heeltemal reg wees, sê u, as God u red en u reguit hemel toe neem. Dit is presies wat Hy sal doen! "Ons sal na hom kom, en Ons woning by hom maak." Stel geen voorwaardes nie, laat Jesus alles wees, en Hy sal u saam met Hom huis toe neem nie net vir een dag nie, maar vir ewig.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in