Daaglikse oordenking

OM DAAR TE KOM

Kom na My toe.

Matteus 11:28

Wil ek daar kom? Ek kan nou. Die vrae wat in die lewe saak maak is merkwaardig min, en hulle word almal beantwoord deur die woorde — "Kom na My toe." Nie — Doen dit, of moenie dat doen nie; maar — "Kom na My toe." As ek na Jesus wil kom sal my daadwerklike lewe in ooreenstemming met my werklike begeertes gebring word; ek sal daadwerklik met sonde ophou, en daadwerklik ontdek dat die lied van die Here begin.

Het u ooit na Jesus gekom? Let op die halsstarrigheid van u hart, u sal enigiets doen eerder as die een eenvoudige kinderlike ding — "Kom na My toe." As u die daadwerklike ervaring wil hê om met sonde op te hou, moet u na Jesus kom.

Jesus Christus maak Homself die toetssteen. Let op Sy gebruik van die woord "Kom." Op die mees onverwagte oomblikke is daar die fluistering van die Here — "Kom na My toe," en u word onmiddellik getrek. Persoonlike kontak met Jesus verander alles. Wees dom genoeg om te kom en uself toe te vertrou aan wat Hy sê. Die houding van kom is dat die wil vasberade alles laat gaan en doelbewus alles aan Hom toevertrou.

". . . en Ek sal julle rus gee," d.w.s., Ek sal u staande hou. Nie — Ek sal u in die bed sit en u hand vashou en u aan die slaap sing nie; maar — Ek sal u uit die bed kry, uit die lusteloosheid en uitputting, uit die toestand om half dood te wees terwyl u lewe; Ek sal u met die gees van lewe deurtrek, en u sal deur die volmaaktheid van lewenskragtige aktiwiteit staande gehou word. Ons raak pateties en praat daarvan om "die wil van die Here te verduur!" Waar is die majestueuse lewenskrag en mag van die Seun van God daarin?

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in