Daaglikse oordenking

OM DAAR TE KOM

Kom agter My aan.

Markus 1:17

Een van die grootste hindernisse om na Jesus te kom is die verskoning van temperament. Ons maak ons temperament en ons natuurlike verwantskappe tot versperrings om na Jesus te kom. Die eerste ding wat ons besef wanneer ons na Jesus kom is dat Hy hoegenaamd geen aandag aan ons natuurlike verwantskappe skenk nie. Ons het die denkbeeld dat ons ons gawes aan God kan wy. U kan nie wy wat nie u s'n is nie; daar is slegs een ding wat u aan God kan wy, en dit is u reg op uself (Romeine 12:1). As u u reg op uself aan God wil gee, sal Hy 'n heilige eksperiment van u maak. God se eksperimente slaag altyd. Die een kenmerk van 'n heilige is die sedelike oorspronklikheid wat uit teuellose oorgawe aan Jesus Christus ontspring. In die lewe van 'n heilige is daar die hele tyd hierdie verbasende fontein van oorspronklike lewe; die Gees van God is 'n put van water wat opspring, immer vars. Die heilige besef dat dit God is wat omstandighede konstrueer, gevolglik is daar geen gejammer nie, maar 'n roekelose teuellose oorgawe aan Jesus. Moet nooit 'n beginsel van u ervaring maak nie; laat God met ander mense net so oorspronklik wees as wat Hy met u is.

As u uself teuelloos aan Jesus oorgee, en kom wanneer Hy sê "Kom," sal Hy deur u voortgaan om "Kom" te sê; u sal uitgaan die lewe in en die eggo voortbring van Christus se "Kom." Dit is die gevolg in elke siel wat hom teuelloos oorgegee en na Jesus gekom het.

Het ek na Jesus gekom? Sal ek nou kom?

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in