Daaglikse oordenking

WAT VOLGENDE?

“As julle hierdie dinge weet, is julle gelukkig as julle dit doen.”

Johannes 13:17

As u nie die meertoue afsny nie, sal God hulle deur 'n storm moet breek en u uitstuur. Laat alles op God te water, gaan uit op die groot deinende gety van Sy doel, en u oë sal oopgaan. As u in Jesus glo, moet u nie al u tyd in die gladde waters net binne die hawebank deurbring, vol vreugde, maar altyd vasgemeer nie; u moet deur die hawebank uitkom tot in die groot dieptes van God en self begin weet, geestelike onderskeiding begin hê.

Wanneer u weet dat u ’n ding behoort te doen, en dit doen, weet u onmiddellik meer. Hersien waar u geestelik swaar en star geword het, en u sal ontdek dat dit teruggaan na 'n punt waar daar iets was wat u geweet het u behoort te doen, maar u het dit nie gedoen nie omdat daar skynbaar geen onmiddellike oproep daartoe was nie, en nou het u geen waarneming, geen onderskeiding nie; in 'n krisistyd is u geestelik verstrooid in plaas van geestelik selfbeheers. Dit is ’n gevaarlike ding om te weier om verder te weet.

Die namaaksel van gehoorsaamheid is 'n gemoedstoestand waarin u geleenthede opwerk om uself te offer; vurigheid word vir onderskeiding aangesien. Dit is makliker om uself te offer as om u geestelike bestemming te vervul, wat in Romeine 12:1-2 gestel word. Dit is baie beter om die doel van God in u lewe te vervul deur Sy wil te onderskei as om groot dade van selfopoffering te verrig. "Om te gehoorsaam is beter as offerande." Pasop om terug te gryp na wat u eens was[1] wanneer God wil hê dat u iets moet wees wat u nog nooit was nie. "As iemand wil doen... sal hy weet."

← Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in