Daaglikse oordenking

WERK UIT WAT GOD INWERK

Werk julle eie redding uit.

Filippense 2:12-13

U wil stem met God ooreen, maar in u vlees is daar 'n aard wat u magteloos maak om te doen wat u weet u behoort te doen. Wanneer die Here aan die gewete voorgehou word, is die eerste ding wat die gewete doen om die wil op te wek, en die wil stem altyd met God ooreen. U sê — "Maar ek weet nie of my wil met God ooreenstem nie." Kyk na Jesus en u sal elke keer ontdek dat u wil en u gewete met Hom ooreenstem. Die ding in u wat u laat sê "Ek sal nie" is iets minder diepgaande as u wil; dit is verdraaidheid, of halsstarrigheid, en hulle stem nooit met God ooreen nie. Die diepgaande ding in die mens is sy wil, nie sonde nie. Wil is die wesenlike element in God se skepping van die mens: sonde is 'n verdraaide aard wat die mens binnegekom het. In 'n wedergebore mens is die bron van die wil almagtig. "Want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te doen volgens Sy welbehae." U moet met konsentrasie en sorg uitwerk wat God inwerk; nie u eie redding werk nie, maar dit uitwerk, terwyl u uself vasberade in onwrikbare geloof op die volledige en volmaakte Verlossing van die Here grond. Namate u dit doen, bring u nie 'n wil wat teenoor God se wil staan nie, God se wil is u wil, en u natuurlike keuses is langs die lyn van God se wil, en die lewe is so natuurlik soos asemhaling. God is die bron van u wil, daarom is u in staat om Sy wil uit te werk. Halsstarrigheid is 'n onintelligente 'klont' wat weier om verlig te word; die enigste ding is dat dit met dinamiet opgeblaas moet word, en die dinamiet is gehoorsaamheid aan die Heilige Gees.

Glo ek dat die Almagtige God die bron van my wil is? God verwag nie net dat ek Sy wil moet doen nie, maar Hy is in my om dit te doen.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in