Daaglikse oordenking

DIE GOD WAT NOOIT FAAL NIE

Want Hy het gesê, Ek sal u nooit verlaat, en u nooit versaak nie.

Hebreërs 13:5

Watter lyn neem my gedagte? Draai dit na wat God sê of na wat ek vrees? Leer ek om nie te sê wat God sê nie, maar om iets te sê nadat ek gehoor het wat Hy sê? "Hy het gesê, Ek sal u nooit verlaat, en u nooit versaak nie. Sodat ons met vrymoedigheid kan sê, Die Here is my helper, en ek sal nie vrees wat 'n mens aan my sal doen nie."

"Ek sal u geensins in die steek laat nie" — nie vanweë al my sonde en selfsug en halsstarrigheid en eiesinnigheid nie. Het ek God werklik vir my laat sê dat Hy my nooit in die steek sal laat nie? As ek na hierdie spreke van God geluister het, laat my dan weer luister.

"Ook sal Ek u geensins versaak nie." Soms is dit nie moeilikheid wat my laat dink dat God my sal versaak nie, maar sleurwerk. Daar is geen Heuwel Moeilikheid om te bestyg nie, geen visioen gegee nie, niks wonderliks of moois nie, net die alledaagse dag in en dag uit — kan ek God se spreke in hierdie dinge hoor?

Ons het die idee dat God die een of ander uitsonderlike ding gaan doen, dat Hy ons vir die een of ander buitengewone ding later voorberei en geskik maak, maar met ons voortgang in genade ontdek ons dat God Homself hier en nou, in die huidige minuut verheerlik. As ons God se spreke agter ons het, kom die mees verbasende sterkte, en leer ons sing in die gewone dae en weë.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in