Daaglikse oordenking

DIE GEHEIM VAN DIE HERE

Die geheim (vriendskap R.V.) van die Here is by dié wat Hom vrees.

Psalm 25:14

Wat is die teken van 'n vriend? Dat hy vir u geheime Smarte vertel? Nee, dat hy vir u geheime vreugdes vertel. Baie sal hulle geheime smarte aan u toevertrou, maar die laaste teken van intimiteit is om geheime vreugdes toe te vertrou. Het ons God ooit enige van Sy vreugdes vir ons laat vertel, of vertel ons so voortdurend ons geheime vir God dat ons geen ruimte laat vir Hom om met ons te praat nie? Aan die begin van ons Christelike lewe is ons vol versoeke aan God, dan ontdek ons dat God ons in verhouding met Homself wil kry, ons in aanraking met Sy doelstellings wil kry. Is ons so getroud met Jesus Christus se idee van gebed — "Laat U wil geskied" — dat ons die geheime van God opvang? Die dinge wat God vir ons dierbaar maak is nie soseer Sy ontsaglik groot seëninge as die piepklein dinge nie, omdat hulle Sy verbasende intimiteit met ons toon; Hy ken elke besonderheid van ons individuele lewens.

". . . hom sal Hy leer in die weg wat Hy sal kies." Aanvanklik wil ons die bewustheid hê dat ons deur God gelei word, daarna leef ons algaande dermate in die bewustheid van God dat ons nie hoef te vra wat Sy wil is nie, omdat die gedagte om enigiets anders te kies nooit by ons sal opkom nie. As ons gered en geheilig is lei God ons deur ons gewone keuses, en as ons iets gaan kies wat Hy nie wil hê nie, sal Hy ons stuit, en ons moet ag gee. Wanneer daar ook al twyfel is, Stop dadelik. Moet dit nooit uitredeneer en sê — "Ek wonder waarom ek nie behoort nie?" God onderrig ons in wat ons kies, dit wil sê, Hy lei ons gesonde verstand, en ons verhinder nie meer Sy Gees deur voortdurend te sê nie — "Nou, Here, wat is U wil?"

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in