Daaglikse oordenking

DIE TOETS VAN EIEBELANG

As u die linkerhand neem, dan sal ek regs gaan; of as u na die regterhand gaan, dan sal ek links gaan.

Genesis 13:9

Sodra u die lewe van geloof in God begin leef, sal bekoorlike en weelderige vooruitsigte voor u oopgaan, en hierdie dinge is volgens reg u s'n; maar as u die lewe van geloof leef sal u u reg uitoefen om van u regte afstand te doen, en God vir u te laat kies. God laat u soms in 'n plek van beproewing kom waar u eie welsyn die regte en behoorlike ding sou wees om te oorweeg as u nie 'n lewe van geloof leef nie; maar as u wel leef, sal u met vreugde van u reg afstand doen en dit aan God oorlaat om vir u te kies. Dit is die dissipline waardeur die natuurlike deur gehoorsaamheid aan die stem van God in die geestelike omgevorm word.

Wanneer reg ook al die leiding in die lewe gemaak word, sal dit die geestelike insig afstomp. Die groot vyand van die lewe van geloof in God is nie sonde nie, maar die goeie wat nie goed genoeg is nie. Die goeie is altyd die vyand van die beste. Dit sou vir Abraham na die verstandigste ding ter wêreld lyk om te kies, dit was sy reg, en die mense rondom hom sou hom as 'n dwaas beskou omdat hy nie gekies het nie. Baie van ons gaan nie geestelik voort nie omdat ons verkies om te kies wat reg is in plaas daarvan om op God te vertrou om vir ons te kies. Ons moet leer om te wandel volgens die standaard wat sy oog op God het. "Wandel voor My."

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in