Daaglikse oordenking

SORGVULDIGE ONREDELIKHEID

Aanskou die voëls van die hemel." . . . "Beskou die lelies van die veld.

Matteus 6:26, 28

Beskou die lelies van die veld, hoe hulle groei, hulle is eenvoudig! Dink aan die see, die lug, die son, die sterre en die maan — al hierdie dinge is, en watter bediening oefen hulle uit. So dikwels bederf ons God se bedoelde invloed deur ons deur ons selfbewuste poging om konsekwent en nuttig te wees. Jesus sê dat daar slegs een manier is om geestelik te ontwikkel, en dit is deur konsentrasie op God. "Moenie u daaroor kwel om vir ander van nut te wees nie; glo in My" — skenk aandag aan die Bron, en uit u sal riviere van lewende water vloei. Ons kan nie deur gesonde verstand by die bronne van ons natuurlike lewe uitkom nie, en Jesus leer dat groei in die geestelike lewe nie afhang daarvan dat ons dit dophou nie, maar van konsentrasie op ons Vader in die hemel. Ons hemelse Vader ken die omstandighede waarin ons is, en as ons op Hom gekonsentreer bly sal ons geestelik groei soos die lelies.

Die mense wat ons die meeste beïnvloed is nie dié wat ons aan die knoopsgat vasvat en met ons praat nie, maar dié wat hulle lewens leef soos die sterre in die hemel en die lelies in die veld, volkome eenvoudig en ongekunsteld. Dit is die lewens wat ons vorm.

As u vir God van nut wil wees, kom reg tot Jesus Christus in verhouding en Hy sal u elke minuut wat u leef onbewustelik van nut maak.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in