Daaglikse oordenking

SY HEMELVAART EN ONS EENHEID

En dit het gebeur, terwyl Hy hulle geseën het, dat Hy van hulle geskei is, en in die hemel opgeneem is.

Lukas 24:51

Ons het geen ooreenstemmende ervaring van die gebeurtenisse in Ons Here se lewe ná die Gedaanteverandering nie. Van toe af was Ons Here se lewe' geheel en al plaasvervangend. Tot die tyd van die Gedaanteverandering het Hy die normale volmaakte lewe van 'n mens vertoon; van die Gedaanteverandering af — Getsemane, die Kruis, die Opstanding — is alles vir ons onbekend. Sy Kruis is die deur waardeur elke lid van die menslike geslag die lewe van God kan binnegaan; deur Sy Opstanding het Hy die reg om die ewige lewe aan enige mens te gee, en deur Sy Hemelvaart gaan Ons Here die hemel binne en hou die deur vir die mensdom oop.

Op die Berg van Hemelvaart word die Gedaanteverandering voltooi. As Jesus vanaf die Berg van Gedaanteverandering hemel toe gegaan het, sou Hy alleen gegaan het; Hy sou niks meer vir ons as 'n heerlike Figuur gewees het nie. Maar Hy het Sy rug op die heerlikheid gedraai, en van die Berg afgekom om Homself met die gevalle mensdom te vereenselwig.

Die Hemelvaart is die voleinding van die Gedaanteverandering. Ons Here gaan nou wel terug in Sy oorspronklike heerlikheid; maar Hy gaan nie bloot as Seun van God terug nie; Hy gaan terug na God as Seun van die Mens sowel as Seun van God. Daar is nou vir enigiemand vryheid van toegang reguit tot by die troon van God self deur die Hemelvaart van die Seun van die Mens. As Seun van die Mens het Jesus Christus almag, alomteenwoordigheid en alwetendheid doelbewus in Homself beperk. Nou is hulle Syne in volkome volle krag. As Seun van die Mens het Jesus Christus alle mag by die troon van God. Hy is Koning van die konings en Here van die here van die dag van Sy Hemelvaart af tot nou.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in