Daaglikse oordenking

DIE GEWOONTE OM DIE GELEENTHEID GEWASSE TE WEES

Sodat julle kan weet wat die hoop van Sy roeping is . . .

Efesiërs 1:18

Onthou waarvoor u gered is — sodat die Seun van God in u sterflike vlees geopenbaar kan word. Buig die hele energie van u kragte daartoe om u verkiesing as 'n kind van God te verwesenlik; wees elke keer die geleentheid gewasse.

U kan niks vir u redding doen nie, maar u moet iets doen om dit te openbaar, u moet uitwerk wat God ingewerk het. Werk u dit met u tong, en u brein en u senuwees uit? As u steeds dieselfde ellendige nukkerige mens is, ingestel op u eie weg, dan is dit 'n leuen om te sê dat God u gered en geheilig het.

God is die Meester-Ingenieur, Hy laat die moeilikhede toe om te kom ten einde te sien of u behoorlik daaroor kan spring — "Deur my God het ek oor 'n muur gespring." God sal u nooit beskerm teen enige van die vereistes van 'n seun of dogter van Hom nie. Petrus sê — "Moenie die vurige beproewing wat u moet beproef as iets vreemds beskou nie." Wees die geleentheid gewasse; doen die ding. Dit maak nie saak hoe dit seermaak nie solank dit God die geleentheid gee om Homself in u sterflike vlees te openbaar.

Mag God nie meer die gejammer[1] in ons vind nie, maar mag Hy ons vol geestelike moed en atletiesheid vind, gereed om enigiets wat Hy bring in die gesig te staar. Ons moet onsself oefen sodat die Seun van God in ons sterflike vlees geopenbaar kan word. God het nooit museums nie. Die enigste doel van die lewe is dat die Seun van God geopenbaar kan word, en alle diktering aan God verdwyn. Ons Here het nooit aan Sy Vader gedikteer nie, en ons is nie hier om aan God te dikteer nie; ons is hier om ons aan Sy wil te onderwerp sodat Hy deur ons kan uitwerk wat Hy wil. Wanneer ons dit besef, sal Hy ons gebreekte brood en uitgegote wyn maak om ander te voed en te versterk.

[1] Die Engelse whine (gejammer) word later met wine (wyn) gekontrasteer; die klankwoordspeling kan nie volledig in Afrikaans behou word nie.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in