Daaglikse oordenking

NEEM DIE INISIATIEF

Voeg by julle geloof deug . . ." ("Voorsien julle geloof van vasberadenheid.") (MOFFATT.)

2 Petrus 1:5

"Voeg by" beteken dat daar iets is wat ons moet doen. Ons verkeer in gevaar om te vergeet dat ons nie kan doen wat God doen nie, en dat God nie sal doen wat ons kan doen nie. Ons kan onsself nie red of heilig nie, God doen dit; maar God sal ons nie goeie gewoontes gee nie, Hy sal ons nie karakter gee nie, Hy sal ons nie reg laat wandel nie. Ons moet dit alles self doen, ons moet die redding uitwerk wat God ingewerk het. "Voeg by" beteken om in die gewoonte te kom om dinge te doen, en in die beginstadiums is dit moeilik. Om die inisiatief te neem is om 'n begin te maak, om uself te onderrig in die weg wat u moet gaan.

Waak teen die neiging om die weg te vra wanneer u dit volkome goed ken. Neem die inisiatief, hou op aarsel, en neem die eerste stap. Wees vasberade wanneer God spreek, handel onmiddellik in geloof volgens wat Hy sê, en moet nooit u besluite hersien nie. As u aarsel wanneer God vir u sê om iets te doen, stel u u stand in genade in gevaar. Neem die inisiatief, neem dit self, neem nou die stap met u wil, maak dit onmoontlik om terug te gaan. Verbrand u brûe agter u — "Ek sal daardie brief skryf"; "Ek sal daardie skuld betaal." Maak die ding onvermydelik.

Ons moet in die gewoonte kom om oor alles na God te luister, om die gewoonte te vorm om uit te vind wat God sê. As ons wanneer 'n krisis kom, instinktief na God draai, weet ons dat die gewoonte gevorm is. Ons moet die inisiatief neem waar ons is, nie waar ons nie is nie.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in