Daaglikse oordenking

GREEP SONDER REIK

Waar daar geen visioen is nie, werp die volk beteueling af.

Spreuke 29:18 (R.V.)

Daar is 'n verskil tussen 'n ideaal en 'n visioen. 'n Ideaal het geen sedelike inspirasie nie; 'n visioen het wel. Die mense wat hulleself aan ideale oorgee doen selde enigiets. 'n Mens se begrip van die Godheid kan gebruik word om sy doelbewuste versuim van sy plig te regverdig. Jona het aangevoer dat omdat God 'n God van geregtigheid en van barmhartigheid was, alles dus reg sou wees. Ek kan 'n regte begrip van God hê, en dit kan juis die rede wees waarom ek nie my plig doen nie. Maar waar daar ook al visioen is, is daar ook 'n lewe van regskapenheid omdat die visioen sedelike aansporing toebedeel.

Ideale kan tot ondergang sus. Neem geestelik voorraad van uself op en kyk of u slegs ideale het of of u visioen het.

"Ag, maar 'n mens se reik behoort sy greep te oorskry, of waarvoor is 'n hemel dan?" "Waar daar geen visioen is nie. . . ." Wanneer ons God eenmaal uit die oog verloor, begin ons roekeloos wees, ons werp bepaalde beteuelings af, ons werp die gebed af, ons werp die visioen van God in klein dingetjies af, en begin op eie inisiatief handel. As ons eet wat ons uit ons eie hand het, en dinge op eie inisiatief doen sonder om te verwag dat God sal inkom, is ons op die afwaartse pad, ons het die visioen verloor. Is ons houding vandag 'n houding wat uit ons visioen van God ontspring? Verwag ons dat God groter dinge sal doen as wat Hy ooit gedoen het? Is daar 'n varsheid en krag in ons geestelike uitkyk?

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in