Daaglikse oordenking

LEWENSKRAGTIGE VOORBIDDING

Bid altyd met alle gebed en smeking in die Gees.

Efesiërs 6:18

Namate ons met voorbidding voortgaan kan ons ontdek dat ons gehoorsaamheid aan God ander mense meer gaan kos as wat ons gedink het. Die gevaar is dan om in meegevoel te begin voorbidding doen met dié wat God in antwoord op ons gebede geleidelik na 'n geheel ander sfeer besig was om op te lig. Wanneer ons ook al van vereenselwiging met God se belang in ander terugtree tot meegevoel met hulle, het die lewenskragtige verbinding met God verdwyn, ons het ons meegevoel, ons bedagsaamheid teenoor hulle in die pad geplaas, en dit is 'n doelbewuste teregwysing aan God.

Dit is onmoontlik om lewenskragtig voorbidding te doen tensy ons volkome seker van God is, en die grootste verkwister van ons verhouding tot God is persoonlike meegevoel en persoonlike vooroordeel. Vereenselwiging is die sleutel tot voorbidding, en wanneer ons ook al ophou om met God vereenselwig te wees, is dit deur meegevoel, nie deur sonde nie. Dit is nie waarskynlik dat sonde met ons verhouding tot God sal inmeng nie, maar meegevoel sal, meegevoel met onsself of met ander wat ons laat sê — "Ek sal nie toelaat dat daardie ding gebeur nie." Onmiddellik is ons uit die lewenskragtige verbinding met God.

Voorbidding laat u nóg tyd nóg geneigdheid om te bid vir u eie "droewige soete self." Die gedagte aan uself word nie uitgehou nie, omdat dit nie daar is om uitgehou te word nie; u is volkome en geheel en al met God se belange in ander lewens vereenselwig.

Onderskeiding is God se roep tot voorbidding, nooit tot foutvindery nie.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in