Daaglikse oordenking

PLAASVERVANGENDE VOORBIDDING

Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om deur die bloed van Jesus in die allerheiligste in te gaan.

Hebreërs 10:19

Waak daarteen om u te verbeel dat voorbidding beteken om ons persoonlike meegevoelens in die teenwoordigheid van God in te bring en te eis dat Hy doen wat ons vra. Ons toegang tot God is geheel en al te danke aan die plaasvervangende vereenselwiging van ons Here met sonde. Ons het "vrymoedigheid om deur die bloed van Jesus in die allerheiligste in te gaan."

Geestelike halsstarrigheid is die effektiefste hindernis vir voorbidding, omdat dit gegrond is op meegevoel met dit in onsself en in ander waarvoor ons nie dink versoening nodig is nie. Ons het die denkbeeld dat daar bepaalde regte en deugsame dinge in ons is wat nie op die Versoening gegrond hoef te wees nie, en juis in die gebied van "deegklomp" wat deur hierdie idee voortgebring word kan ons nie voorbidding doen nie. Ons vereenselwig onsself nie met God se belange in ander nie, ons raak nukkerig teenoor God; ons staan altyd gereed met ons eie idees, en voorbidding word die verheerliking van ons eie natuurlike meegevoelens. Ons moet besef dat die vereenselwiging van Jesus met sonde die radikale verandering van al ons meegevoelens beteken. Plaasvervangende voorbidding beteken dat ons God se belange in ander doelbewus in die plek stel van ons natuurlike meegevoel met hulle.

Is ek halsstarrig of plaasvervangend? Vertroeteld of volmaak in my verhouding tot God? Mokkend of geestelik? Vasbeslote om my eie sin te kry of vasbeslote om met Hom vereenselwig te word?

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in