DIE HARTSTOG VAN GEDULD
“Al talm dit, wag daarop.”
Habakuk 2:3
Geduld is nie onverskilligheid nie; geduld dra die gedagte oor van 'n ontsaglik sterk rots wat alle aanslae weerstaan. Die visioen van God is die bron van geduld, omdat dit 'n sedelike inspirasie toebedeel. Moses het volhard, nie omdat hy 'n ideaal van reg en plig gehad het nie, maar omdat hy 'n visioen van God gehad het. Hy "het volhard, soos een wat Hom sien wat onsienlik is." 'n Mens met die visioen van God is nie aan 'n saak of aan enige bepaalde kwessie toegewy nie; hy is aan God Self toegewy. U weet altyd wanneer die visioen van God is vanweë die inspirasie wat daarmee saamkom; dinge kom met grootsheid en versterking vir die lewe omdat alles deur God van energie voorsien word. As God u geestelik 'n tyd gee, soos Hy dit daadwerklik aan Sy Seun gegee het, van versoeking in die woestyn, met hoegenaamd geen woord van Homself nie, volhard, en die mag om te volhard is daar omdat u God sien.
"Al talm dit, wag daarop." Die bewys dat ons die visioen het is dat ons uitreik na meer as wat ons aangegryp het. Dit is 'n slegte ding om geestelik tevrede te wees. "Wat sal ek aan die Here vergeld?" het die Psalmis gesê. "Ek sal die beker van redding neem." Ons is geneig om bevrediging in onsself te soek — "Nou het ek die ding gekry; nou is ek geheel en al geheilig; nou kan ek volhard." Onmiddellik is ons op pad na ondergang. Ons reik moet ons greep oorskry. "Nie asof ek dit reeds verkry het, of reeds volmaak was nie." As ons slegs het wat ons ervaar het, het ons niks nie; as ons die inspirasie van die visioen van God het, het ons meer as wat ons kan ervaar. Waak teen die gevaar van geestelike verslapping.