Daaglikse oordenking

INSIG NIE EMOSIE NIE

Ek moet my lewe in geloof lei, sonder om Hom te sien.

2 Korintiërs 5:7 (MOFFATT)

Vir 'n tyd is ons bewus van God se aandagsbetonings, dan, wanneer God ons in Sy ondernemings begin gebruik, neem ons 'n patetiese voorkoms aan en praat ons van die beproewings en die moeilikhede, terwyl God die hele tyd probeer om ons ons plig as onopvallende mense te laat doen. Nie een van ons sou geestelik onopvallend wees as ons dit kon verhelp nie. Kan ons ons plig doen wanneer God die hemel toegesluit het? Sommige van ons wil altyd verligte heiliges met goue stralekranse en die gloed van inspirasie wees, en wil hê dat die heiliges van God die hele tyd met ons moet handel. 'n Vergulde heilige is van geen nut nie, hy is abnormaal, ongeskik vir die daaglikse lewe, en geheel en al anders as God. Ons is hier as mans en vroue, nie as halfgeveerde engele nie, om die werk van die wêreld te doen, en om dit te doen met 'n oneindig groter krag om die beroering te deurstaan omdat ons van bo gebore is.

As ons die seldsame oomblikke van inspirasie weer probeer invoer, is dit 'n teken dat dit nie God is wat ons wil hê nie. Ons maak 'n fetisj van die oomblikke toe God wel gekom en gespreek het, en dring daarop aan dat Hy dit weer moet doen; terwyl wat God wil hê ons moet doen is om "deur geloof te wandel." Hoeveel van ons het onsself, as't ware, eenkant gelê en gesê — "Ek kan niks meer doen totdat God aan my verskyn nie." Hy sal nooit verskyn nie, en sonder enige inspirasie, sonder enige skielike aanraking van God, sal ons moet opstaan. Dan kom die verrassing — "Maar, Hy was die hele tyd daar, en ek het dit nooit geweet nie!" Moet nooit vir die seldsame oomblikke leef nie, hulle is verrassings. God sal ons aanrakinge van inspirasie gee wanneer Hy sien dat ons nie gevaar loop om deur hulle weggelei te word nie. Ons moet nooit ons oomblikke van inspirasie ons standaard maak nie; ons standaard is ons plig.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in