WEES GEREED IN SEISOEN
“Wees gereed in seisoen, buite seisoen.”
2 Timoteus 4:2
Baie van ons ly aan die morbiede neiging om gereed te wees "buite seisoen." Die seisoen verwys nie na tyd nie, maar na ons — 'Wees gereed in seisoen, buite seisoen," of ons so voel of nie. As ons slegs doen waarvoor ons lus voel, sou sommige van ons vir ewig en altyd niks doen nie. Daar is onindiensneembares in die geestelike gebied, geestelik afgeleefde mense, wat weier om enigiets te doen tensy hulle bonatuurlik geïnspireer is. Die bewys dat ons reg tot God in verhouding staan is dat ons ons beste doen of ons geïnspireer voel of nie.
Een van die groot strikke van die Christelike arbeider is om 'n fetisj van sy seldsame oomblikke te maak. Wanneer die Gees van God u 'n tyd van inspirasie en insig gee, sê u — "Nou sal ek altyd so vir God wees." Nee, u sal nie, God sal sorg dat u nie is nie. Daardie tye is geheel en al die gawe van God. U kan hulle nie aan uself gee wanneer u kies nie. As u sê dat u slegs op u beste sal wees, word u 'n ondraaglike belemmering vir God; u sal nooit enigiets doen tensy God u bewustelik geïnspireer hou nie. As u 'n god van u beste oomblikke maak, sal u ontdek dat God uit u lewe sal vervaag en nooit terugkom totdat u die plig doen wat die naaste lê, en geleer het om nie 'n fetisj van u seldsame oomblikke te maak nie.