IS DIT NIE IN DIE MINSTE WAARSKYNLIK NIE?
“Want Joab het Adonia gevolg, hoewel hy Absalom nie gevolg het nie.”
1 Konings 2:28
Joab het die groot toets deurstaan, hy het volkome lojaal en getrou aan Dawid gebly en nie die bekoorlike en ambisieuse Absalom gevolg nie, maar tog het hy teen die einde van sy lewe die lafhartige Adonia gevolg. Bly altyd wakker vir die feit dat presies daar waar een mens teruggegaan het enigiemand kan teruggaan (sien 1 Korintiërs 10:13). U het deur die groot krisis gegaan, wees nou wakker oor die geringste dinge; neem in berekening die "teruggetrokke sfeer van die geringstes."
Ons is geneig om te sê — "Dit is nie in die minste waarskynlik dat ek nadat ek deur die hoogste krisis gegaan het, my nou tot die dinge van die wêreld sal wend nie." Moenie voorspel waar die versoeking sal kom nie, dit is die ding wat die minste waarskynlik is wat die gevaar is. In die nadraai van 'n groot geestelike transaksie begin die "teruggetrokke sfeer van die geringstes" sy invloed laat geld; dit is nie oorheersend nie, maar onthou dat dit daar is, en as u nie gewaarsku is nie, sal dit u laat struikel. U het onder groot en intense beproewings getrou aan God gebly, pas nou op vir die onderstroom. Moenie morbied introspektief wees, en met vrees vorentoe kyk nie, maar bly wakker; hou u geheue helder voor God. Onbewaakte krag is dubbele swakheid omdat dit is waar die "teruggetrokke sfeer van die geringstes" ondermyn. Die Bybelkarakters het op hulle sterk punte geval, nooit op hulle swak punte nie.
"Deur die krag van God bewaar" — dit is die enigste veiligheid.