DIE NEK OF NIKS[1]
“En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here was, het hy sy visserskleed om hom gegord... en homself in die see gewerp.”
Johannes 21:7
Het u ooit 'n krisis gehad waarin u opsetlik en nadruklik en roekeloos alles teuelloos oorgegee het? Dit is 'n wilskrisis. U kan baie keer uiterlik daarby uitkom, maar dit kom op niks neer nie. Die werklike diepe krisis van teuellose oorgawe word innerlik bereik, nie uiterlik nie. Die prysgee van uiterlike dinge kan 'n aanduiding wees dat u in algehele gebondenheid is.
Het u u wil opsetlik aan Jesus Christus gekommitteer? Dit is 'n transaksie van die wil, nie van die emosie nie; die emosie is bloot die vergulde rand van die transaksie[2]. As u emosie eerste toelaat, sal u nooit die transaksie aangaan nie. Moenie God vra wat die transaksie moet wees nie, maar gaan dit aan met betrekking tot die ding wat u wel sien, hetsy in die vlak plek of die diepgaande plek.
As u Jesus Christus se stem op die branders gehoor het, laat u oortuigings na die winde gaan, laat u konsekwentheid na die winde gaan, maar handhaaf u verhouding tot Hom.