Daaglikse oordenking

SEDELIKE GODDELIKHEID

Want as ons saam geplant is in die gelykheid aan Sy dood, sal ons dit ook wees in die gelykheid aan Sy opstanding.

Romeine 6:5

Mede-opstanding.

Die bewys dat ek saam met Jesus deur kruisiging gegaan het is dat ek 'n besliste gelykheid aan Hom het. Die inkoms van die Gees van Jesus in my pas my persoonlike lewe weer by God aan. Die opstanding van Jesus het Hom die gesag gegee om die lewe van God aan my toe te bedeel, en my proefondervindelike lewe moet op die grondslag van Sy lewe gekonstrueer word. Ek kan nou die opstandingslewe van Jesus hê, en dit sal homself in heiligheid vertoon.

Die gedagte dwarsdeur die apostel Paulus se geskrifte is dat nadat die sedelike beslissing geneem is om met Jesus in Sy dood vereenselwig te word, die opstandingslewe van Jesus elke stukkie van my menslike natuur binnedring. Dit verg almag om die lewe van die Seun van God in sterflike vlees te leef. Die Heilige Gees kan nie as 'n Gas in 'n huis geplaas word nie, Hy dring alles binne. Wanneer ek eenmaal besluit dat my "ou mens" (d.w.s., die erflikheid van sonde) met die dood van Jesus vereenselwig moet word, dring die Heilige Gees my binne. Hy neem beheer oor alles, my deel is om in die lig te wandel en alles te gehoorsaam wat Hy openbaar. Wanneer ek die sedelike beslissing oor sonde geneem het, is dit maklik om daadwerklik te reken dat ek dood vir die sonde is, omdat ek die lewe van Jesus heeltyd daar aantref. Net soos daar slegs een stempel van menslikheid is, so is daar slegs een stempel van heiligheid, die heiligheid van Jesus, en dit is Sy heiligheid wat aan my geskenk word. God plaas die heiligheid van Sy Seun in my, en ek behoort geestelik tot 'n nuwe orde.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in