Daaglikse oordenking

SEDELIKE BESLISSING OOR SONDE

Omdat ons dit weet, dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat die liggaam van sonde vernietig kan word, dat ons voortaan die sonde nie moet dien nie.

Romeine 6:6

Mede-kruisiging.

Het ek hierdie beslissing oor sonde geneem — dat dit heeltemal in my uitgedood moet word? Dit neem 'n lang tyd om tot 'n sedelike beslissing oor sonde te kom, maar dit is die groot oomblik in my lewe wanneer ek wel besluit dat net soos Jesus Christus vir die sonde van die wêreld gesterf het, die sonde in my moet uitsterf, nie beteuel of onderdruk of teengewerk word nie, maar gekruisig word. Niemand kan iemand anders tot hierdie beslissing bring nie. Ons kan ernstig oortuig wees, en godsdienstig oortuig wees, maar wat ons moet doen is om tot die beslissing te kom wat Paulus hier afdwing.

Hys uself op, neem tyd alleen met God, neem die sedelike beslissing en sê — "Here, vereenselwig my met U dood totdat ek weet dat sonde in my dood is." Neem die sedelike beslissing dat sonde in u doodgemaak moet word.

Dit was nie 'n goddelike vooruitskouing aan Paulus se kant nie, maar 'n baie radikale en bepaalde ervaring. Is ek bereid om die Gees van God my te laat deursoek totdat ek weet wat die aard van sonde is — die ding wat teen die Gees van God in my begeer? En indien wel, sal ek met God se uitspraak oor daardie aard van sonde ooreenstem — dat dit met die dood van Jesus vereenselwig moet word? Ek kan myself nie "inderdaad dood vir die sonde" reken tensy ek deur hierdie radikale wilskwessie voor God gegaan het nie.

Het ek die heerlike voorreg binnegegaan om saam met Christus gekruisig te wees totdat al wat oorbly die lewe van Christus in my vlees en bloed is? "Ek is saam met Christus gekruisig; nogtans leef ek; tog nie ek nie, maar Christus leef in my."

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in