Daaglikse oordenking

HET U MAAR GEWEET!

As u maar geweet het . . . in hierdie dag van u, die dinge wat tot u vrede behoort! Maar nou is hulle vir u oë verberg.

Lukas 19:42

Jesus het Jerusalem triomfantelik binnegegaan, die stad is tot in sy fondamente geskud; maar daar was 'n vreemde god, die trots van Fariseïsme; dit was godsdienstig en regskape, maar 'n "gewitte graf."

Wat is dit wat my in hierdie "dag van my" verblind? Het ek 'n vreemde god — nie 'n walglike monster nie, maar 'n aard wat oor my heers? Meer as een keer het God my van aangesig tot aangesig met die vreemde god gebring en ek het gedink dat ek sou moes toegee, maar ek het dit nie gedoen nie. Ek het met die vel van my tande deur die krisis gekom en ek bevind my nog steeds in die besit van die vreemde god; ek is blind vir die dinge wat tot my vrede behoort. Dit is iets ontsettends dat ons op die plek kan wees waar die Gees van God ongehinderd by ons behoort uit te kom, en tog ons veroordeling in God se oë kan vermeerder.

"As u maar geweet het" — God gaan regstreeks na die hart, met die trane van Jesus daaragter. Hierdie woorde impliseer skuldige verantwoordelikheid; God hou ons verantwoordelik vir wat ons nie sien nie. "Nou is hulle vir u oë verberg" — omdat die aard nooit oorgegee is nie. Die ondeurgrondelike droefheid van die "kon gewees het!" God maak nooit deure oop wat gesluit is nie. Hy maak ander deure oop, maar Hy herinner ons daaraan dat daar deure is wat ons gesluit het, deure wat nooit gesluit hoef te gewees het nie, verbeeldings wat nooit besoedel hoef te gewees het nie. Moet nooit bang wees wanneer God die verlede terugbring nie. Laat die geheue sy gang gaan. Dit is 'n dienaar van God met sy teregwysing en tugtiging en droefheid. God sal die "kon gewees het" in 'n wonderlike kultuur vir die toekoms verander.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in