Daaglikse oordenking

HARTLIKHEID VS. HARTLOOSHEID JEENS ANDER

Dit is Christus . . . wat ook vir ons voorbidding doen." "Die Gees . . . doen voorbidding vir die heiliges.

Romeine 8:34, 27

Het ons enige verdere argument as dit nodig om voorbidders te word — dat Christus "altyd leef om voorbidding te doen;" dat die Heilige Gees "voorbidding vir die heiliges doen"? Leef ons in so 'n lewenskragtige verhouding tot ons medemense dat ons die werk van voorbidding doen as die Gees-onderrigte kinders van God? Begin by die omstandighede waarin ons is — ons huise, ons sake, ons land, die huidige krisis soos dit ons en ander raak — verpletter hierdie dinge ons? Is hulle besig om ons uit die teenwoordigheid van God weg te teister en ons geen tyd vir aanbidding te laat nie? Laat ons dit dan 'n halt toeroep, en in so 'n lewende verhouding met God kom dat ons verhouding tot ander op die lyn van voorbidding gehandhaaf kan word waardeur God Sy wonders bewerk.

Waak daarteen dat u God verbysteek juis deur u verlange om Sy wil te doen. Ons hardloop Hom vooruit in duisend-en-een bedrywighede, gevolglik raak ons so belas met mense en met moeilikhede dat ons God nie aanbid nie, dat ons nie voorbidding doen nie. As die las en die druk eenmaal op ons kom en ons nie in die aanbiddende houding is nie, sal dit nie alleen hardheid jeens God voortbring nie maar ook wanhoop in ons eie siele. God stel ons voortdurend voor aan mense met wie ons geen verwantskap het nie, en tensy ons God aanbid, is die natuurlikste ding om hulle harteloos te behandel, om hulle 'n teks soos die steek van 'n spies te gee, of hulle met 'n vinnig-uitgeratelde raad van God te laat en te gaan. 'n Hartelose Christen moet vir Ons Here 'n verskriklike smart wees.

Is ons in die regstreekse lyn van die voorbidding van ons Here en van die Heilige Gees?

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in