AFNEEM TOT IN SY DOEL
“Hy moet meer word, maar ek moet minder word.”
Johannes 3:30
As u vir ’n siel ’n noodsaaklikheid word, is u buite God se orde. As arbeider, is u groot verantwoordelikheid om ’n vriend van die Bruidegom te wees. Wanneer u eenmaal ’n siel binne sig van die aansprake van Jesus Christus sien, weet u dat u invloed in die regte rigting was, en in plaas daarvan om ’n hand uit te steek om die barensweeë te voorkom, bid dat hulle tien maal sterker word totdat daar geen krag op aarde of in die hel is wat daardie siel van Jesus Christus kan weghou nie. Keer op keer, word ons amateur-Voorsienighede, ons kom tussenin en verhinder God; en sê — "Dit en dat mag nie wees nie." In plaas daarvan om vriende van die Bruidegom te blyk, plaas ons ons simpatie in die weg, en die siel sal eendag sê — "Daardie een was ’n dief, hy het my toegeneentheid van Jesus gesteel, en ek het my visioen van Hom verloor."
Waak daarteen om saam met ’n siel oor die verkeerde ding bly te wees, maar sorg dat u u wel oor die regte ding verheug. "Die vriend van die Bruidegom . . . verheug hom grootliks oor die stem van die Bruidegom: daarom is hierdie vreugde van my vervul. Hy moet meer word, maar ek moet minder word." Dit word met vreugde en nie met droefheid gesê nie — uiteindelik gaan hulle die Bruidegom sien! En Johannes sê dat dit sy vreugde is. Dit is die absolute uitwissing van die arbeider, daar word nooit weer aan hom gedink nie.
Waak met alles wat u werd is totdat u die Bruidegom se stem in die lewe van ’n ander hoor. Gee nie om watter verwoesting dit bring, watter versteurings, watter verbrokkelinge van gesondheid nie, verheug u met goddelike uitgelatenheid wanneer Sy stem eenmaal gehoor word. U kan Jesus Christus dikwels ’n lewe sien verwoes voordat Hy dit red. (Vgl. Matt. 10:34.)