Daaglikse oordenking

SAL EK MYSELF HIERTOE OPWEK?

Terwyl ons heiligheid in die vrees van God vervolmaak.

2 Korintiërs 7:1

"Aangesien ons dan hierdie beloftes het." Ek maak aanspraak op die vervulling van God se beloftes, en tereg, maar dit is slegs die menslike kant; die Goddelike kant is dat ek deur die beloftes God se aanspraak op my erken. Byvoorbeeld, besef ek dat my liggaam die tempel van die Heilige Gees is, of het ek ’n liggaamsgewoonte wat duidelik nie die lig van God daarop sal verdra nie? Deur heiligmaking word die Seun van God in my gevorm, dan moet ek my natuurlike lewe deur gehoorsaamheid aan Hom in ’n geestelike lewe omvorm. God onderrig ons tot in die kleinste gewetensbeswaar. Wanneer Hy begin teëhou, moenie vlees en bloed raadpleeg nie, reinig uself onmiddellik. Hou uself gereinig in u daaglikse wandel.

Ek moet myself van alle vuilheid van die vlees en gees reinig totdat albei met die natuur van God ooreenstem. Is die denke van my gees in volmaakte ooreenstemming met die lewe van die Seun van God in my, of is ek verstandelik weerspannig? Vorm ek die denke van Christus, wat nooit uit Sy reg op Homself gespreek het nie, maar ’n innerlike waaksaamheid gehandhaaf het waardeur Hy Sy gees voortdurend aan Sy Vader onderwerp het? Ek het die verantwoordelikheid om my gees in ooreenstemming met Sy Gees te hou, en geleidelik lig Jesus my op tot waar Hy geleef het — in volmaakte wyding aan Sy Vader se wil, sonder om aan enigiets anders aandag te skenk. Vervolmaak ek hierdie soort heiligheid in die vrees van God? Kry God Sy weg met my, en begin ander mense God al hoe meer in my lewe sien?

Wees ernstig met God en laat die res vrolik met rus. Stel God letterlik eerste.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in