DIE WEG VAN ABRAHAM IN GELOOF
“Hy het uitgegaan, sonder om te weet waarheen hy gegaan het.”
Hebreërs 11:8
In die Ou Testament, het persoonlike verhouding met God hom in afsondering getoon, en dit word in die lewe van Abraham gesimboliseer deur sy afsondering van sy land en van sy vriende en verwante. Vandag is die afsondering meer ’n verstandelike en sedelike afsondering van die wyse waarop dié wat vir ons die dierbaarste is na dinge kyk, dit wil sê, as hulle nie ’n persoonlike verhouding met God het nie. Jesus Christus het dit beklemtoon (sien Lukas 14:26).
Geloof weet nooit waarheen dit gelei word nie, maar dit het die Een lief wat lei en ken Hom. Dit is ’n lewe van geloof, nie van verstand en rede nie, maar ’n lewe daarvan om te weet Wie ons laat "gaan." Die wortel van geloof is die kennis van ’n Persoon, en een van die grootste strikke is die gedagte dat God ons sekerlik na sukses sal lei.
Die finale stadium in die lewe van geloof is die bereiking van karakter. Daar is baie verbygaande gedaanteveranderinge van karakter; wanneer ons bid voel ons hoe die seën van God ons omvou en vir die tyd word ons verander, dan gaan ons terug na die gewone dae en weë en die heerlikheid verdwyn. Die lewe van geloof is nie ’n lewe daarvan om met vlerke op te styg nie, maar ’n lewe van wandel en nie flou word nie. Dit is nie ’n saak van heiligmaking nie; maar van iets oneindig verder as heiligmaking, van geloof wat beproef en bewys is en die toets deurstaan het. Abraham is nie ’n tipe van heiligmaking nie, maar ’n tipe van die lewe van geloof, ’n beproefde geloof wat op ’n werklike God gebou is. "Abraham het God geglo."