GEHOORSAAMHEID
“Julle is die dienaars van hom aan wie julle gehoorsaam is.”
Romeine 6:16
Die eerste ding om te doen wanneer ek die krag ondersoek wat my oorheers is om die onwelkome feit beet te pak dat ek daarvoor verantwoordelik is om so oorheers te word. As ek ’n slaaf van myself is, is ek te blameer omdat ek op ’n punt ver terug aan myself toegegee het. Net so, as ek God gehoorsaam doen ek dit omdat ek myself aan Hom oorgegee het.
Gee in die kinderjare aan selfsug toe, en u sal vind dat dit die mees verslawende tirannie op aarde is. Daar is geen krag in die menslike siel uit homself om die slawerny van ’n aard wat deur toegee gevorm is te breek nie. Gee vir een sekonde toe aan enigiets van die aard van begeerlikheid (onthou wat begeerlikheid is: "Ek moet dit dadelik hê," of dit nou die begeerlikheid van die vlees of die begeerlikheid van die denke is) — gee eenmaal toe en hoewel u uself mag haat omdat u toegegee het, is u ’n gebonde slaaf van daardie ding. Daar is glad geen vrystelling in menslike krag nie maar slegs in die Verlossing. U moet uself in volslae vernedering oorgee aan die enigste Een wat die oorheersende krag kan breek nl., die Here Jesus Christus — "Hy het My gesalf . . . om vrylating aan alle gevangenes te verkondig."
U vind dit op die belaglikste klein wyses uit — "O, ek kan daardie gewoonte prysgee wanneer ek wil." U kan nie, u sal vind dat die gewoonte u absoluut oorheers omdat u gewillig daaraan toegegee het. Dit is maklik om te sing — "Hy sal elke boei breek" en terselfdertyd ’n lewe van ooglopende slawerny aan uself te leef. Om aan Jesus toe te gee sal elke vorm van slawerny in enige menslike lewe breek.