Daaglikse oordenking

HÊ ’N BOODSKAP EN WEES EEN

Verkondig die Woord.

2 Timoteus 4:2

Ons word gered om iets anders te wees as "slegs kanale," naamlik seuns en dogters van God te wees. Ons word nie in geestelike mediums verander nie, maar in geestelike boodskappers; die boodskap moet deel van onsself wees. Die Seun van God was Sy eie boodskap, Sy woorde was gees en lewe; en as Sy dissipels moet ons lewens die sakrament van ons boodskap wees. Die natuurlike hart sal enige hoeveelheid diens doen, maar dit verg die hart wat deur oortuiging van sonde gebreek, deur die Heilige Gees gedoop, en in die doel van God verfrommel is voordat die lewe die sakrament van sy boodskap word.

Daar is ’n verskil tussen om ’n getuienis te gee en om te predik. ’n Prediker is iemand wat die roep van God besef het en vasbeslote is om elke vermoë van hom te gebruik om God se waarheid te verkondig. God neem ons uit ons eie idees vir ons lewens en ons word "tot vorm en gebruik geslaan," soos die dissipels ná Pinkster. Pinkster het die dissipels niks geleer nie; dit het hulle die beliggaming gemaak van wat hulle gepredik het — "Julle sal getuies van My wees."

Laat God volmaakte vryheid hê wanneer u praat. Voordat God se boodskap ander siele kan bevry, moet die bevryding in u werklik wees. Versamel u materiaal, en steek dit aan die brand wanneer u praat.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in