DIE TYD VAN TERUGVAL
“Wil julle ook weggaan?”
Johannes 6:67
’n Deurdringende vraag. Ons Here se woorde dring die meeste tot ons deur wanneer Hy op die eenvoudigste wyse praat. Ons weet Wie Jesus is, maar ten spyte daarvan sê Hy — "Wil julle ook weggaan?" Ons moet die hele tyd ’n waagmoedige houding teenoor Hom handhaaf.
"Van toe af het baie van Sy dissipels teruggegaan, en nie meer saam met Hom gewandel nie." Hulle het teruggegaan van wandel saam met Jesus, nie die sonde in nie, maar hulle het teruggeval. Baie bestee hulleself vandag en word in werk vir Jesus Christus bestee, maar hulle wandel nie saam met Hom nie. Die een ding waarby God ons bestendig hou is dat ons een met Jesus Christus kan wees. Ná heiligmaking loop die dissipline van ons geestelike lewe langs hierdie lyn. As God aan u siel ’n duidelike en nadruklike besef gee van wat Hy wil hê, moet u nie probeer om uself deur enige bepaalde metode in daardie verhouding te hou nie, maar leef ’n natuurlike lewe van absolute afhanklikheid van Jesus Christus. Moet nooit probeer om die lewe met God op enige ander lyn as God se lyn te leef nie, en daardie lyn is absolute toewyding aan Hom. Die sekerheid dat ek nie weet nie — dit is die geheim daarvan om saam met Jesus te gaan.
Petrus het in Jesus slegs Iemand gesien om redding aan hom en aan die wêreld te bedien. Ons Here wil hê dat ons jukgenote saam met Hom moet wees. v. 70. Jesus antwoord die groot gebrek in Petrus. Ons kan nie vir ander antwoord nie.