Daaglikse oordenking

DIE PRYSGEGEWE LEWE

Ek is saam met Christus gekruisig.

Galasiërs 2:20

Niemand word ooit met Jesus Christus verenig totdat hy gewillig is om nie net sonde nie, maar sy hele wyse waarop hy na dinge kyk prys te gee. Om van bo uit die Gees van God gebore te word beteken dat ons moet laat gaan voordat ons vasgryp, en in die eerste stadiums is dit die prysgee van alle voorgee. Wat Ons Here wil hê ons aan Hom moet aanbied is nie goedheid, of eerlikheid, of inspanning nie, maar werklike vaste sonde; dit is al wat Hy van ons kan neem. En wat gee Hy in ruil vir ons sonde? Werklike vaste geregtigheid. Maar ons moet alle voorgee dat ons enigiets is prysgee, elke aanspraak dat ons God se inagneming waardig is.

Dan sal die Gees van God ons toon wat daar verder is om prys te gee. Daar sal die prysgee van my aanspraak op my reg op myself in elke fase moet wees. Is ek gewillig om my greep op alles wat ek besit prys te gee, my greep op my toegeneenthede, en op alles, en om met die dood van Jesus Christus vereenselwig te word?

Daar is altyd ’n skerp pynlike ontnugtering waardeur ons moet gaan voordat ons wel prysgee. Wanneer ’n mens homself werklik sien soos die Here hom sien, is dit nie die afskuwelike sondes van die vlees wat hom skok nie, maar die verskriklike natuur van die trots van sy eie hart teen Jesus Christus. Wanneer hy homself in die lig van die Here sien, dring die skaamte en die afgryse en die desperate oortuiging tot hom deur.

As u teen die vraag van prysgee te staan kom, gaan deur die krisis, gee alles prys, en God sal u geskik maak vir alles wat Hy van u vereis.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in