DIE ONVERLIGTE SOEKTOG
“Voed My skape.”
Johannes 21:17
Dit is liefde in wording. Die liefde van God is ongemaak, dit is God se natuur. Wanneer ons die Heilige Gees ontvang verenig Hy ons met God sodat Sy liefde in ons geopenbaar word. Wanneer die siel deur die inwonende Heilige Gees met God verenig word, is dit nie die einde nie; die einde is dat ons een met die Vader kan wees soos Jesus was. Watter soort eenheid het Jesus Christus met die Vader gehad? So ’n eenheid dat die Vader Hom hierheen afgestuur het om vir ons bestee te word, en Hy sê — "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook."
Petrus besef nou met die openbaring van die Here se seermakende vraag dat hy Hom wel liefhet; dan kom die punt — "Bestee dit uit." Moenie getuig hoeveel u My liefhet nie, moenie bely oor die wonderbare openbaring wat u gehad het nie, maar — "Voed My skape." En Jesus het sommige buitengewoon snaakse skape, sommige verfomfaaide, vuil skape, sommige onhandige, stotende skape, sommige skape wat afgedwaal het! Dit is onmoontlik om God se liefde uit te put, en dit is onmoontlik om daardie liefde in my uit te put as dit uit die een middelpunt ontspring. Die liefde van God skenk geen aandag aan die onderskeidings wat natuurlike individualiteit maak nie. As ek my Here liefhet het ek geen reg om deur natuurlike temperament gelei te word nie; ek moet Sy skape voed. Daar is geen verligting en geen vrystelling van hierdie opdrag nie. Waak daarteen om die liefde van God te vervals deur langs die lyn van natuurlike menslike simpatie te werk, want dit sal eindig in lastering van die liefde van God.