Daaglikse oordenking

KON DIT VAN MY WAAR WEES?

Maar nie een van hierdie dinge beweeg my nie, en ek ag my lewe ook nie vir myself kosbaar nie.

Handelinge 20:24

Dit is makliker om God sonder ’n visioen te dien, makliker om sonder ’n roep vir God te werk, want dan word u nie gepla deur wat God vereis nie; gesonde verstand is u gids, met ’n laag Christelike sentiment daaroor. U sal voorspoediger en suksesvoller, meer onbekommerd van hart wees, as u die roep van God nooit besef nie. Maar as u eenmaal ’n opdrag van Jesus Christus ontvang, sal die herinnering aan wat God wil hê altyd soos ’n prikkel kom; u sal nie langer op die grondslag van gesonde verstand vir Hom kan werk nie.

Wat ag ek werklik kosbaar? As Jesus Christus my nie vasgegryp het nie, sal ek diens kosbaar ag, tyd wat aan God gegee word kosbaar, my lewe vir myself kosbaar. Paulus sê dat hy sy lewe slegs kosbaar geag het sodat hy die bediening wat hy ontvang het kon vervul; hy het geweier om sy krag vir enige ander ding te gebruik. Handelinge 20:24 stel Paulus se byna verhewe ergernis daaroor dat hy gevra word om homself in ag te neem; hy was absoluut onverskillig teenoor enige oorweging buiten dié van die vervulling van die bediening wat hy ontvang het. Praktiese werk kan ’n mededinger teen teuellose oorgawe aan God wees, omdat praktiese werk op hierdie argument gegrond is — Onthou hoe 'nuttig u hier is, of — Dink hoeveel waarde u in daardie bepaalde soort werk sou hê." Daardie houding stel Jesus Christus nie as die Gids oor waarheen ons behoort te gaan nie, maar ons oordeel oor waar ons van die meeste nut is. Moet nooit oorweeg of u van nut is nie; maar oorweeg altyd dat u nie aan uself behoort nie maar aan Hom.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in