Daaglikse oordenking

DIE ONWYKBARE VRAAG

Het jy My lief?

Johannes 21:17

Petrus verklaar nou niks nie (vgl. Matteus 26:33-35). Natuurlike individualiteit bely en verklaar; die liefde van die persoonlikheid word slegs ontdek deur die seer van Jesus Christus se vraag. Petrus het Jesus liefgehad op die wyse waarop enige natuurlike mens ’n goeie mens liefhet. Dit is temperamentele liefde; dit kan diep in die individualiteit ingaan, maar dit raak nie die middelpunt van die persoon nie. Ware liefde bely nooit enigiets nie. Jesus het gesê — "Elkeen wat My voor die mense sal bely," d.w.s., sy liefde bely nie bloot deur sy woorde nie, maar deur alles wat hy doen.

Tensy ons reg uit elke misleiding oor onsself seergemaak word, kry die Woord van God nie sy weg met ons nie. Die Woord van God maak seer soos geen sonde ooit kan seermaak nie, omdat sonde die gevoel afstomp. Die vraag van die Here versterk die gevoel, totdat om deur Jesus seergemaak te word die verfyndste seer denkbaar is. Dit maak nie slegs op die natuurlike wyse seer nie maar op die diep persoonlike wyse. Die Woord van die Here dring selfs deur tot die skeiding van siel en gees, geen misleiding bly oor nie. Daar is geen moontlikheid om sentimenteel te wees met die Here se vraag nie; u kan nie mooi dinge sê wanneer die Here regstreeks tot u spreek nie, die seer is te ontsaglik. Dit is so ’n seer dat dit elke ander besorgdheid uit die rekening wegprik. Daar kan nooit enige vergissing wees oor die seer van die Here se Woord wanneer dit tot Sy kind kom nie; maar die punt van die seer is die groot punt van openbaring.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in