Daaglikse oordenking

WAT WIL U HÊ MOET DIE HERE VIR U DOEN?

Here, dat ek my sig mag ontvang.

Lukas 18:41

Wat is die ding wat u nie net versteur nie maar u ’n verstoring maak? Dit is altyd iets waarmee u nie self kan handel nie. "Hulle het hom bestraf dat hy moes stilbly . . . maar hy het nog soveel harder geroep." Volhard in die verstoring totdat u van aangesig tot aangesig met die Here Homself kom; moenie gesonde verstand vergoddelik nie. Wanneer Jesus ons vra wat ons wil hê Hy vir ons moet doen met betrekking tot die ongelooflike ding waarmee ons gekonfronteer word, onthou dat Hy nie op wyses van gesonde verstand werk nie, maar op bonatuurlike wyses.

Let op hoe ons die Here beperk deur te onthou wat ons Hom in die verlede toegelaat het om vir ons te doen: Ek het altyd daar misluk, en ek sal altyd; gevolglik vra ons nie vir wat ons wil hê nie. "Dit is belaglik om God te vra om dit te doen." As dit ’n onmoontlikheid is, is dit die ding wat ons moet vra. As dit nie ’n onmoontlike ding is nie, is dit nie ’n werklike verstoring nie. God sal die absoluut onmoontlike doen.

Hierdie man het sy sig ontvang. Die onmoontlikste ding vir u is dat u so met die Here vereenselwig sal wees dat niks van die ou lewe oorbly nie. Hy sal dit doen as u Hom vra. Maar u moet by die plek kom waar u glo dat Hy Almagtig is. Geloof is nie in wat Jesus sê nie maar in Homself; as ons slegs kyk na wat Hy sê sal ons nooit glo nie. Wanneer ons Jesus eenmaal sien, doen Hy die onmoontlike ding so natuurlik soos asemhaal. Ons smart kom deur die moedswillige domheid van ons eie hart. Ons wil nie glo nie, ons wil nie die meertou na die wal lossny nie, ons verkies om voort te bekommer.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in