Daaglikse oordenking

DIE INISIATIEF TEEN DEPRESSIE

Staan op en eet.

1 Konings 19:5

Die engel het Elia nie ’n visioen gegee, of die Skrifte aan hom uitgelê, of enigiets merkwaardigs gedoen nie; hy het vir Elia gesê om die gewoonste ding te doen, nl., om op te staan en te eet. As ons nooit depressief was nie sou ons nie lewend wees nie; dit is die natuur van ’n kristal om nooit depressief te wees nie. ’n Mens is tot depressie in staat, anders sou daar geen vermoë tot verheffing wees nie. Daar is dinge wat daarop bereken is om te neerdruk, dinge wat van die natuur van die dood is; en wanneer u ’n beoordeling van uself opmaak, moet u altyd die vermoë tot depressie in aanmerking neem.

Wanneer die Gees van God kom gee Hy ons nie visioene nie, Hy sê vir ons om die gewoonste dinge denkbaar te doen. Depressie is geneig om ons weg te draai van die gewone alledaagse dinge van God se skepping, maar wanneer God ook al kom, is die inspirasie om die natuurlikste eenvoudigste ding te doen — die dinge waarin ons ons nooit sou verbeel het God was nie, en namate ons hulle doen vind ons dat Hy daar is. Die inspirasie wat op hierdie wyse tot ons kom is ’n inisiatief teen depressie; ons moet die volgende ding doen en dit in die inspirasie van God doen. As ons iets doen om depressie te oorwin, verdiep ons die depressie; maar as die Gees van God ons intuïtief laat voel dat ons die ding moet doen, en ons doen dit, is die depressie weg. Sodra ons opstaan en gehoorsaam, gaan ons ’n hoër vlak van lewe binne.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in