Daaglikse oordenking

IS EK MY BROER SE BEWAARDER?

Niemand van ons leef vir homself nie.

Romeine 14:7

Het dit ooit tot u deurgedring dat u geestelik voor God vir ander siele verantwoordelik is? Byvoorbeeld, as ek enige private afwyking van God in my lewe toelaat, ly almal rondom my. Ons "sit saam in die hemelse plekke." "As een lid ly, ly al die lede saam met hom." Wanneer u eenmaal liggaamlike selfsug, verstandelike slordigheid, sedelike afgestomptheid, geestelike digtheid toelaat, sal elkeen wat tot u kring behoort ly. "Maar," sê u, "wie is vir hierdie dinge bekwaam as u so ’n standaard oprig?" "Ons bekwaamheid is uit God," en uit Hom alleen.

"Julle sal My getuies wees." Hoeveel van ons is gewillig om elke ons van die senukrag, verstandelike, sedelike en geestelike krag wat ons het vir Jesus Christus te bestee? Dit is die betekenis van ’n getuie volgens God se begrip van die woord. Dit neem tyd, wees geduldig met uself. God het ons op aarde gelaat — waarvoor? Om gered en geheilig te word? Nee, om vir Hom daarmee besig te wees. Is ek gewillig om vir Hom gebreekte brood en uitgegiete wyn te wees? Om vir hierdie eeu, vir hierdie lewe bedorwe te wees, om vanuit elke standpunt behalwe een bedorwe te wees — behalwe in soverre ek manne en vroue tot dissipels van die Here Jesus Christus kan maak. My lewe as arbeider is die wyse waarop ek vir God "dankie" sê vir Sy onuitspreeklike redding. Onthou dat dit heeltemal moontlik is dat enigeen van ons as afgekeurde silwer uitgewerp word — ". . . sodat ek nie miskien nadat ek vir ander gepreek het, self ’n verworpene sou wees nie."

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in