IS U GEESTELIK UITGEPUT?
“Die ewige God . . . word nie moeg nie, en raak ook nie mat nie.”
Jesaja 40:28
Uitputting beteken dat die lewenskragtige kragte heeltemal verslyt is. Geestelike uitputting kom nooit deur sonde nie maar slegs deur diens, en of u uitgeput is of nie sal afhang van waar u u voorraad kry. Jesus het vir Petrus gesê — "Voed My skape," maar Hy het hom niks gegee waarmee hy hulle kon voed nie. Die proses om gebreekte brood en uitgegiete wyn gemaak te word beteken dat u die voeding vir ander siele moet wees totdat hulle leer om hulle met God te voed. Hulle moet u tot op die droesem leegdrink. Sorg dat u u voorraad kry, anders sal u kort voor lank geheel en al uitgeput wees. Voordat ander siele leer om regstreeks uit die lewe van die Here Jesus te put, moet hulle deur u daaruit put; hulle moet u letterlik "uitsuig," totdat hulle leer om hulle voeding van God te neem. Ons is dit aan God verskuldig om ons beste vir Sy lammers en Sy skape sowel as vir Homself te wees.
Het die wyse waarop u God gedien het u tot uitputting verraai? Indien wel, hergroepeer dan u geneenthede. Waarvandaan het u die diens begin? Uit u eie simpatie of uit die grondslag van die Verlossing van Jesus Christus? Gaan voortdurend terug na die grondslag van u geneenthede en onthou waar die bron van krag is. U het geen reg om te sê nie — "O Here, ek is so uitgeput." Hy het u gered en geheilig om u uit te put. Wees vir God uitgeput, maar onthou dat u voorraad van Hom kom. "Al my vars bronne sal in U wees."