Daaglikse oordenking

IS U VERBEELDING VAN GOD UITGEHONGER?

Slaan julle oë op na omhoog, en aanskou Wie hierdie dinge geskape het.

Jesaja 40:26

Die volk van God in Jesaja se tyd het hulle verbeelding uitgehonger deur na die aangesig van afgode te kyk, en Jesaja het hulle na die hemele laat opkyk, dit wil sê, hy het hulle hulle verbeelding reg laat begin gebruik. Die Natuur is vir ’n heilige sakramenteel. As ons kinders van God is, het ons ’n ontsaglike skat in die Natuur. In elke wind wat waai, in elke nag en dag van die jaar, in elke teken van die lug, in elke bloei en in elke verwelking van die aarde, is daar ’n werklike koms van God na ons as ons eenvoudig ons uitgehongerde verbeelding sal gebruik om dit te besef.

Die toets van geestelike konsentrasie is om die verbeelding in gevangenskap te bring. Kyk u verbeelding na die aangesig van ’n afgod? Is die afgod uself? U werk? U opvatting van wat ’n arbeider behoort te wees? U ervaring van redding en heiligmaking? Dan is u verbeelding van God uitgehonger, en u het geen krag wanneer u teen moeilikhede te staan kom, u kan slegs in duisternis volhard. As u verbeelding uitgehonger is, moenie na u eie ervaring terugkyk nie; dit is God wat u nodig het. Gaan reg uit uself uit, weg van die aangesig van u afgode, weg van alles wat u verbeelding uitgehonger het. Wek uself op, neem die spotsteek wat Jesaja aan die volk gegee het, en draai u verbeelding doelbewus na God.

Een van die redes vir verstarring in gebed is dat daar geen verbeelding is nie, geen krag om onsself doelbewus voor God te plaas nie. Ons moet leer hoe om gebreekte brood en uitgegiete wyn op die lyn van voorbidding te wees meer as op die lyn van persoonlike kontak. Verbeelding is die krag wat God aan ’n heilige gee om homself uit homself in verhoudings te stel waarin hy nooit was nie.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in