IS U BEREID OM GEOFFER TE WORD?
“Ek word reeds as ’n drankoffer uitgegiet.”
2 Timoteus 4:6 (R. V. kantlyn.)
"Ek is bereid om geoffer te word." Dit is ’n transaksie van die wil, nie van gevoel nie. Sê vir God dat u bereid is om geoffer te word; laat die gevolge dan wees wat hulle ook al mag wees, daar is nou geen draad van klagte nie, ongeag wat God kies. God neem u privaat deur die krisis, geen enkele persoon kan ’n ander help nie. Uiterlik mag die lewe dieselfde wees; die verskil is in die wil. Gaan deur die krisis in die wil, wanneer dit dan uiterlik kom sal daar geen gedagte aan die koste wees nie. As u nie op hierdie lyn in die wil met God ’n transaksie aangaan nie, sal u uiteindelik simpatie vir uself wek.
"Bind die offer met toue, tot aan die horings van die altaar." Die altaar beteken vuur — verbranding en reiniging en isolering vir net een doel, die vernietiging van elke verwantskap wat God nie begin het nie en van elke gehegtheid wat nie ’n gehegtheid in God is nie. U vernietig dit nie, God doen; u bind die offer aan die horings van die altaar; en sorg dat u nie aan selfbejammering toegee wanneer die vuur begin nie. Ná hierdie weg van vuur, is daar niks wat onderdruk of neerdruk nie. Wanneer die krisis ontstaan, besef u dat dinge u nie kan aanraak soos hulle voorheen gedoen het nie. Wat is u weg van vuur?
Sê vir God dat u bereid is om geoffer te word, en God sal Homself bewys as alles wat u ooit gedroom het Hy sou wees.