Daaglikse oordenking

DIE ROEP VAN GOD

Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die Evangelie te verkondig.

1 Korintiërs 1:17

Paulus stel hier dat die roep van God is om die Evangelie te verkondig; maar onthou Paulus se bedoeling met "die Evangelie," nl., die Werklikheid van Verlossing in ons Here Jesus Christus. Ons is geneig om heiligmaking die alles-en-einde van ons prediking te maak. Paulus verwys by wyse van illustrasie na persoonlike ervaring, nooit as die einde van die saak nie. Nêrens word aan ons opdrag gegee om redding of heiligmaking te verkondig nie; aan ons word opdrag gegee om Jesus Christus te verhoog (Johannes 12:32). Dit is ’n verdraaiing om te sê dat Jesus Christus in Verlossing barensweeë deurgemaak het om my ’n heilige te maak. Jesus Christus het in Verlossing barensweeë deurgemaak om die hele wêreld te verlos, en dit ongeskonde en gerehabiliteerd voor die troon van God te plaas. Die feit dat Verlossing deur ons ervaar kan word is ’n illustrasie van die krag van die Werklikheid van Verlossing, maar dit is nie die einde van Verlossing nie. As God menslik was, hoe siek van hart en moeg sou Hy nie wees van die voortdurende versoeke wat ons vir ons redding, vir ons heiligmaking rig nie. Ons belas Sy kragte van die oggend tot die aand vir dinge vir onsself — iets waaruit ek verlos kan word! Wanneer ons die rotsbodem van die Werklikheid van die Evangelie van God aanraak, sal ons God nooit verder met klein persoonlike klagtes lastig val nie.

Die een hartstog van Paulus se lewe was om die Evangelie van God te verkondig. Hy het hartbreke, ontnugterings, en verdrukking, om net een rede verwelkom, omdat hierdie dinge hom in onbeweeglike toewyding aan die Evangelie van God gehou het.

Terug na die kalender

Begin elke dag met stiltetyd wat op Christus gerig is.

Teken in